Jy vra my hoe ek weet dis so
dat daar 'n lewende God is daar bo
'n God wat die heelal regeer
die lug ... die see ... die land ...
'n God wat alle wesens hou
in die holligheid van Sy hand,
'n God wat die ewigheid geplaas het
in 'n nietige sandkorrel klein ...
En die seisoene gemaak het
in die skepping se refrein ...
Watter antwoorde is beter
om Sy aanwesigheid te bewys,
As die wonders oral om ons
wat Hom by ons aanblik prys.